top of page

"DIE ORAKEL"

Juane Brand.jpeg
Delia de Villiers.jpeg
WBPS-leerders floreer by mediakamp

 

- Verslag deur Delia de Villiers (waarnemende redakteur van Die Orakel)

 

WBPS het die afgelope naweek twee leerlinge, Delia de Villiers en Juané Brand, na Namibia Media Holdings se jaarlikse mediakamp gestuur.

 

Verteenwoordigers van die byna 60 skole wat aan NMH se skoolkoerantprojek deelneem, het by Hodygos Backpackers & Hostel bymekaargekom waar die naweek se opleidingsessie aangebied is.

 

Hierdie besonderse byeenkoms het ons leerlinge die geleentheid gegee om met kenners op verskeie gebiede in die mediawêreld skouers te skuur.  Ons kon bv. met lede van die Synergy-span, nl. die kreatiewe bestuurder, grafiese ontwerper en die hoof- uitvoerende beampte, gesels oor wat hulle daaglikse werk behels.

 

Leerlinge was ook bevoorreg om lesings aangebied deur lektore van die Politegnikum van Namibië – meer algemeen bekend as NUST (Namibia University of Science and Technology) – se departement “Computing and infographics” by te woon.

 

FNB het ook met ons kom praat oor hul passie vir die jeug van Namibië. 

 

Saterdag het Albie Botha (hoof- uitvoerende beampte) ons persoonlik kom besoek en ons meer oor NMH se nuwe projekte ingelig.  Verder was daar ook ʼn paneelbespreking oor die toekoms van joernalistiek in die digitale era.  Ons leerders se laaste taak van die naweek was om in groepverband ʼn nuusberig in video-formaat te maak.

 

Die naweek is afgesluit met ʼn formele geleentheid die Saterdagaand.

 

Groot dank aan MyZone en NMH vir hierdie spesiale geleentheid.

bottom of page